n Naweek in die Swartland !!!!

 

Molfees  8 en 9 Oktober 2010

en

Malmesbury Skou 7 tot 9 Oktober 2010

 

 

Die Molfees en Malmesbury Skou sit vanjaar koppe bymekaar en wil sorg dat dit beslis ‘n naweek is wat u nou moet bespreek. 

Die Molfees word weer op die die plaas Joubertskloof gehou, met kampering op die terrein. Kunstenaars sal weer van die land se beste wees, stalletjies en kontrei-kosse, en natuurlik sal verskeie wyne weer te proe en te koop aangebied word. Ander aktiwiteite waaraan u kan deelneem is:

  1. 4 X 4 Roete
  2. Quad Bikes
  3. Bergfiets roete
  4. Pretstap 5km en 10km
  5. Pretrit met Perde (Bring u eie Perd)

Vir Molfees inligting skakel Tel:     022 – 4872000   Faks:  022 - 4871000 

 

Malmesbury Skou bied iets van alles vir die perdeliefhebber, verskeie diere sal daar te sien wees. Heerlike Swartland-kosse word aangebied, veral die Vrydagaand se Steak-ete is ‘n wenner. Die skou word plaaslik op die skougronde in Malmesbury aangebied.  

Vir Malmesbury Skou inligting skakel Tel: 022 – 4823180 

 

Inskrywingsvorms en die programme sal binnekort hier beskikbaar wees.

DIE NUWE MOLFEES WEBTUISTE IS TANS ONDER

KONSTRUKSIE EN SAL BINNEKORT GEREED WEES.

KOM LOER GEREELD IN.

 

Teken solank die datums aan!!